News

KYK: Watermeter gesteel? Géén probleem, borsel jou tande by die ‘fontein!

In plaas daarvan om te mor oor sy gesteelde watermeter, het ’n inwoner die ligte kant daarvan raakgesien!

’n Spuitende fontein van ’n watermeter wat gesteel is in Eikestraat (Kanonkop) is vanoggend gebruik om gesig te was en tande te borsel.

Juandré Benadie was die soveelste slagoffer van die nou reeds bekende watermeterdiewe-bende, maar hy het besluit om die ‘beste van ’n slegte situasie te maak.’

Man brushes his teeth at fountain of broken water meter.
Juandré Benadie maak sy tandeborsel nadat in die spuitende water nadat sy watermeter gesteel is. Foto: Skermskoot van video.

Hy moes by die werk uitkom en daar was geen water in die huis om tande te borsel om selfs te was nie. Net daar het hy ’n blink plan bedink. Hy is met sy handdoek en tandeborsel na buite, waar hy sy tande geborsel en sy gesig en hare gewas het by die ‘spuitfontein.’

@middelburgobserver

Juandre Benadie’s water meter was stolen in Eike Street, Kanonkop, so he improvised and used the ‘fountain’ to brush his teeth. Improvise, watermeterstolen, MiddelburgCommunity, MiddelburgObserver

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Die water het in alle rigtings gespuit nadat die watermeter gesteel is. Foto: Verskaf.

Nadat hy klaar gewas het, het hy ook ’n tydelike maatreël aangebring met ’n las, sodat daar nie derduisende liters water vermors nie.

’n Tydelike oplossing sodat daar nie duisende liters water vermors nie.
  • Juandré het pas laat weet dat die munisipaliteit omstreeks 14:00 opgedaag het om die watermeter te herstel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button