News

KYK: Trokdrywer beseer na trok omslaan

'n Trokdrywer het ligte beserings opgedoen in 'n vroegoggend ongeluk op die N11.

‘n Trok het vanoggend omstreeks 05:00 sowat twee kilometer voor Pullenshope op die N11 (Hendrinapad) omgeslaan.

Na wat verneem word het die trokdrywer ligte beserings opgedoen en is met ‘n provinsiale ambulans Middelburg Hospitaal toe geneem.

Die trok lê op sy kant in die sloot waar daar tans padwerke gedoen word op die N11 Hendrinapad. Foto: Verskaf.

Dit is nog onduidelik presies wat gebeur het, maar daar is diep slote langs die pad weens padwerke en die trok het op sy kant in die sloot te lande gekom.

Nico van Vuuren (van Mid Towing Insleepdienste) is op die toneel en meld dat verkeer nie tans beïnvloed word met die ongeluk nie. Motoriste word net gemaan om stadiger te ry in die omgewing van die ongeluk, omdat die trok uitgesleep sal word sodra ‘n ander trok opdaag om die vrag oor te laai.

@middelburgobserver

Truck accident on the N11 Hendrina road, about 2km from Pullenshope (12 November 2025). The truck is lying on its side next to the road. Driver of truck taken to hospital. Recovery team on scene, traffic not affected at this stage. Hendrina, N11, TruckAccident, ArriveAlive

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button