News

Foto van kleuter sonder valhelm op bromponie in Middelburg maak opslae

Afleweraar op bromponie saam kleuter en ander passasier laat die tonge klap.

’n Skokkende foto is sopas op die Traffic Alert WhatsApp groep geplaas wat lede van die groep aan die gons het.

Die foto is deur ’n plaaslike motoris geneem by die besige kruising van Lilian Ngoyi- en Cowen Ntulistraat, digby McDonalds.

Op die foto kan gesien word hoe ’n aflewerings-bromponie gebruik word om nie een nie, maar twéé passasiers ’n rygeleentheid te gee.

Wat die plasing egter uiters ontstellend maak, is die feit dat ’n kleuter tussen die drywer en passasier gesien kan word.

Die drywer en sy passasier het beide valhelms aan, maar die kleuter nie!

Woede kring uit oor die foto omdat die aflewerings-bromponies gereeld voor motoriste inry, en ook verkeerstekens verontagsaam.

Dit is tans onduidelik vir wie die afleweraar werk, omdat sy oorpakbaadjie versteek is op die foto.

Moeti Mmusi, mediawoordvoerder van die departement van paaie en veiligheid, het ook met woede daarop gereageer.

“Dis onwettig en dodelik, sulke onverantwoordelikheid kan nie geduld word nie,” sê Mmusi.

Hy het versoek dat die eienaar van die betrokke bromponie, wat duidelik vir besigheidsgebruik aangewend word, streng teen die oortreder optree.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button