News

Mike het ’n hart vir mense gehad

’n Legende in die sekuriteitsbedryf is gisteroggend skielik oorlede.

Mike Kotze (62), die man met die saggeaarde persoonlikheid wat altyd tyd gemaak het vir ander, is gister in die vroeë oggendure in die Middelburg Hospitaal oorlede.

Sy dogter, Tanya, sê hy het twee weke gelede ’n hartaanval gehad en is daarna gehospitaliseer met hartversaking.

Mike is gebore en het grootgeword in Springs. Hy bly die afgelope 18 jaar in Middelburg.

Was bekend in die sekuriteitsbedryf

Hy was welbekend in die sekuriteitsbedryf en was lank by Fidelity werksaam. Die afgelope jaar en ’n half het hy by die bemarkingskantoor van Titon Security & Alarms gewerk.

“’n Groot boom in die sekuriteitsbedryf het geval. Sy dood is ’n groot verlies. Ons het die hoogste agting vir Mike gehad. Hy het so baie vir ons beteken. Mike het ’n uitnemende geaardheid gehad, en het die kuns bemeester hoe om na mense te luister. Ons gaan hom mis,” het Tonie Etsebeth (besturende direkteur, Titon Security & Alarms) vanmiddag gesê.

Mike was sy gesin se alles

Vir die Kotze-gesin was Mike hulle alles. “Ons pa was hardwerkend en liefdevol, ’n man met ’n sagte hart van goud. Hy het gehou van die natuur en visvang, maar die meeste om tyd saam met sy gesin deur te bring,” het Tanya hartseer gesê.

Mike Kotze, soos sy gesin hom sal onthou. Foto: Verskaf.

Die kinders het dié boodskap saam met ’n foto van hul pa gestuur: “You raised four sons and one daughter, and you dedicated your life to us. You taught us to stand strong, to work hard and to earn what we want in life. You taught us how to fish, how to live with purpose, and how to face challenges with courage. You showed us how to treat and respect women, and Dad, I can only say that you are an example to all your sons – especially in the way you loved our mother. Words can’t describe the love you had for her, or the love you showed to your grandchildren.

Mike word oorleef deur sy vrou, Ria, kinders Michael, Tanya, Morné, Frank, en André, sy skoonkinders en 10 kleinkinders.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button