News

Video: ‘Slim’ spinnekop se planne om vinnig te kan eet

'n Mens kan net verstom staan as jy kyk watse planne hierdie spinnekop gemaak het!

’n ‘Slim’ spinnekop het sowaar ’n plan beraam om vinnig sy pens vol te maak!

Patrick Lightfoot, wat in Aerorand woonagtig is, het Maandagaand sy selfoon gegryp om ‘n video te neem toe hy sien wat ‘n spinnekop doen om soveel as moontlik prooi in ‘n kort bestek te kan vang.

Die spinnekop het reg langs ’n lig ’n groot web gespin sodat al die goggas wat agter die lig aan vlieg, in sy web gevang kan word. Binne ‘n kort rukkie was sy web vol goggas en kon hy op sy tyd aan hulle knibbel – ‘n hele spens vol kos!

spider in a web
Die spinnekop wat sy web by ’n lig gespin het. Foto: Skermskoot van video,

Patrick het goedgunstiglik die video beskikbaar gestel vir publikasie.

@middelburgobserver

Clever incy wincy spider showcases its amazing web-making skills at a home in Aerorand. Video taken by Patrick Lightfoot. Spiders, Spiderweb, MiddelburgObserver, TapLightEdits

♬ original sound – MiddelburgObserver –

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button