News

KYK: Groot skade na Toyota oor bome, deur muur in Oribistraat bars

As die nadraai so lyk, hoe lyk die voertuig?

‘n Toyota voertuig het gisteraand verwoesting gesaai in Oribistraat waar die voertuig die eiendom se muur, elektriese hek en selfs twee bome platgejaag het.

Die huiseienaar, me. Alta Scheepers vertel dat sy kort na 23:00 opgestaan het, en gesien het haar krag is af.

Die huis se buiteligte was nie aan nie en Scheepers het gaan ondersoek instel by haar kragboks.

Sy het gemerk dat die krag uitgeskop is en het deur ‘n venster na buite geloer.

Sy het gesien dat haar hek oop is en dadelik die paniekknoppie n haar huis gedruk.

Met ADT Sekuritiet se aankoms om hulp te verleen het die ware omvang van wat gebeur het duidelik geword.

@middelburgobserver

A Toyota vehicle caused major damage to a property in Oribi Street, Middelburg, last night between eleven and midnight. The vehicle’s badge was left behind on the scene. The vehicle mounted a curb and ploughed through the property’s gate and wall, after levelling two trees.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Scheepers is toe saam met na buite, waar sy die algehele skade vir die eerste maal gade geslaan het.

Die voertuig het twee bome plat gery voordat dit deur die eiendom se hek en muur gebars het.

Naas die gekantelde muur, is die hek se motor ook flenters gery.

Die voertuig, moontlik ‘n bakkie was toe lankal weg.

Scheepers vermoed die skuldige het sy nommerplaat opgetel na die botsing, maar sy Toyota embleem agter gelaat.

Stukke beton het tot teenaan Scheepers se huis geskiet.

Daar is egter ‘n positiewe nadraai nadat Scheepers ingelig is dat die pa van die skuldige bestuurder, haar binnekort gaan kom sien.

Hy is glo van Rustenburg af op pad Middelburg toe om dinge met Scheepers reg te maak.

Die pa het onderneem om die saak by die polisie met sy aankoms te gaan aanmeld vir versekeringsdoeleindes.

Scheepers is bekommerd dat die drywer dalk seerder gekry het as wat hy moontlik dink ‘te oordeel aan die algehele skade’.

Die polisie was ook op die toneel.

Dinge het eers omstreeks 03:00 tot bedaring gekom vir Scheepers wat bylas dat selfs bekommerde gemeenskapslede aan haar deur klop sedert die voorval.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button