News

Video: Luiperd met sy vlakvarkie in die boom

Met foto's wat saamgevoeg is in 'n video het 'n fotograaf besondere oomblikke van 'n luiperd en sy vangs in 'n boom vasgevang.

Dit is nie aldag dat jy so gelukkig is om ‘n luiperd so naby af te neem nie, wat nog te sê waar hy in ‘n boom klim om sy vangs uit te haal!

Estie le Roux (‘n inwoner van Kranspoortdorp) vertel dat hulle onlangs uitgespan het by die Kruger Nasionale Wildtuin.

By Satara het sy dadelik gesien dat daar iets versteek is in ‘n boom. Op dieselfde oomblik het hulle die luiperd opgemerk wat teen die boom opklouter om sy vangs af te haal.

Leop
Die luiperd klouter teen die boom op. Foto: Estie le Roux.
Die luiperd met sy prooi, ’n klein vlakvarkie, in sy bek. Foto: Estie le Roux.
Die luiperd se prooi het geval en spring hy agterna,

Sy het elke sekond op haar kamera vasgevang en daarna ‘n video daarmee saamgestel sodat sy nie al die foto’s hoef rond te stuur nie, maar sommer almal daarin kan laat deel deur middel van ‘n video.

Estie het haar foto’s goedgunstliglik met die Middelburg Observer gedeel.

@middelburgobserver

Leopard goes back to his catch in a treetop at the Satara Bushcamp. These lovely photos were taken by Estie le Roux. Leopards, SataraBushcamp, MiddelburgObserver

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button