NUUS: Adriaan de Beer kroon sy seisoen met VW Challenge-titel
Middelburg se Adriaan de Beer het die 2025 ATE VW Challenge met koelkop-bestuur en vasbyt gewen. Ná ’n gespanne laaste rondte, het hy die Klas C-titel en algehele kampioenskap op Zwartkops gewen.
Adriaan de Beer se koelkop-benadering – met konsekwente kwalifisering, skoon tegniek en presiese besluitneming – het hom die oorwinning besorg in ’n kampioenskap wat met slegs vyf punte beslis is. Foto: Carmia Jansen van Vuuren.
Middelburg se eie motorsportster, Adriaan de Beer, het laas week, Saterdag op Zwartkops gewys waarom hy een van die land se mees konsekwente jaers is.
Hy het die 2025 ATE VW Challenge-kampioenskap met ystersterte fokus en koelkop-volharding beklink – ’n prestasie wat hom amptelik as die nuwe Klas C-kampioen bevestig. Lees meer in die nuwe uitgawe van die Middelburg Observer.
Kyk hier na De Beer se oorwinning en hoogtepunte van die finale rondte [Video: VW Challenge 2025 Zwartkops Finaal]:
Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.