News

Meer daklose gesinne kan gehelp word met meer Wendy’s sê Koppiestraat

Behalwe vir nog Wendy's is daar altyd nood vir vleis, rys en aartappels by Koppiestraat.

Die Koppiestraat behuisingsprojek wat al bykans 15-jaar ’n heenkome bied vir daklose gesinne en bejaardes, sê daar is so groot nood aan verblyf, dat hulle daaglikse mense met loodswaar harte moet wegwys.

By Koppiestraat is daar 7 kamers in die hoofhuis en 21 Wendy-huise op die werf.

Almal is vol.

Die eienaars Johan en Louise Lee, wat Koppiestraat as nie-winsgewende organisasie bedryf, en dit verniet beskikbaar gestel het om groeiende dakloosheid onder dorpenaars teë te werk, sê daar is plek vir nog 21 Wendy huisies, en borge word gesoek om die droom om meer dakloses in te neem word gesoek.

Naas die Wendy’s is daar ook gereeld tekort aan kos soos vleis, rys en pastas.

Lynette Miesnner is een van talle Koppiestraat inwoners wat graag in die groentetuin werk.
Lynette Miesnner in Koppiestraat se groentetuin.

Aartappels en uie is ook altyd welkom, asook toiletware soos tandeborsels, seep en sjampoes.

Daar is tans 45 inwoners waarvan die helfde bejaard is en klaarkom met net ’n staatspensioen.

Daar word ook gesoek na ’n baksteen-masjien, nuut of tweedehands, waarvoor Koppiestraat reeds R3000 ingesamel het.

Gesinne met kinders word ook daar gehuisves, en daar is tans drie minderjariges wat ook spesiale onderwys en sorg vereis.

Koppiestraat inwoners mag nie bedel nie.

En Koppiestraat help ook om werk vir inwoners te kry, wat dan maandelikse huur betaal om die projek selfonderhoudend te probeer maak.

Koppiestraat se groentetuin word mooi onderhou maar verbou nog nie genoeg groente om inwoners te voer nie.

Inwoners kan self gaan inloer, die inwoners ontmoet, en sien watse verandering Koppiestraat in die gesinne en bejaardes se lewens maak.

Met Kersfees om die draai hoop Koppiestraat om meer mense te kan inneem, indien borge na vore kom.

Inwoners wat bydraes wil maak, hetsy finansieel of met skenkings, kan Louise Lee by 064 349 7907 skakel.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button