News

Ouma se hart breek oor kleinseun op sypaadjie

Tussen al die aanvalle bly dit iemand se kind.

“As ek iets gesê het wat mense nie van hou om te lees nie. As ouma is ek baie hartseer oor my mooi kleinseun met die mooiste hart. Ek is net ongelooflik seer om dit op die koerant se blad te sien, dit was baie hartseer vir my. Ek woon nie in Middelburg nie en  kan ’n boek skryf oor sy mooi maniere. Ek wil net graag hê mense moet verstaan.”

Tussen die snydende kommentaar, nadat ’n video op die Middelburg Observer webblad gepubliseer is van ’n bedwelmde jong man in psigotiese toestand op ’n sypaadjie, was daar die pynigende uitroep van ’n ouma.

Haar naam word om verstaanbare redes weerhou.

Dit is die probleem van die dorp se jong dwelmverslaafdes.

Hulle word uitgemaak as uitvaagsels.

“Dit is hulle keuse”

Maar dan vergeet mense iewers is daar ’n ouma in pyn, ’n ma en pa wat stukkend is.

Daar word ook gevra waarom word daar nie iets aan die dwelmhandelaars gedoen nie.

Van die kommentaar is:

Jozlyn Kitching

Ek sien nie dat mense drankwinkels en wynmakers blameer vir alkoholisme nie. En dit is tog die dwelmmiddel wat die meeste sterftes veroorsaak. Ja, dwelmhandel is teen die wet en moet stopgesit word maar die probleem hier lê by die verslaafde wat ‘n keuse gemaak het om dwelms te gebruik.

Hanna Erasmus

Dit is hartverskeurend…die gesig het my ma diep getref. Sy het oor en oor gesê hy was kaal bolyf toe hulle daar verby is en sy wens sy het ’n kombers gehad. Druglords moet uitgehaal word, hulle word beskerm. Daar is mense wat weet wie hulle is maar gedreig word.

Monica de Lange

Loving an addict means mourning the loss of someone who still living, over and over, again….Loving an addict, grandchild, is like grieving his death, and, fighting for his life, at the same time all while hated, helpless and alone.

Wiesa Griffin

My hart is stukkend vir elke verslaafde daar buite.

Trix RossAllen

Ons kan net uitroep tot ons God.

Judith Els

Dis so hartseer, mens ken nie die storie nie. Wens ek kon almal help. Het nie boek geskryf oor verslawing nie, mense verstaan nie.

Franci Ludeke

My seun was aan dwelms en alkohol verslaaf. Kan nie namens hom besluit nie, hy moet dit self doen om op te hou en hulp te soek. Hy het ’n beroerte gehad op 38 jaar toe het hy besluit om op te hou. Kan net bid vir  hom.

Annatjie Peens

Hy is gelukkig gehelp en is in die Belfast hospitaal

Mariska Yvette Botha

Ons kort ’n groot rehabilitasiesentrum vir Middelburg want daar is so baie jong mense wat hulp kort. Hulle besef nie wat hulle doen nie die sad part is dis iemand se kind wat daar lê of iemand se man of boyfriend en daai persoon het dalk kinders, maar hulle besef nie wat hulle doen nie.

Shivonne Swart

Sjoe arme ouers om hul kinders so te sien, ek huil my dood. Mens moet net op jou knieë bly en vir jou kinders bid want die hemel weet dis rof

Elizabeth Brummer

Daar sal niks van kom as jy hulle vang nie, die polisie werk saam, hulle sien daagliks hoe dwelms aan hulle verkoop word.

Douwlien van der Walt

Mandie Coetzee. Ek haal my hoed af dat jy by die jong man op die nat gras gaan sit en hom gekalmeer en net daai ekstra bietjie aandag en liefde gegee het .

Petrie du Toit

Die straat dwelm Flakka? ’n Alpha PVP dwelm…kan lei tot selfbesering, aggressie, paranoïa, ongekontroleerde gedrag, spierspasmas.

Elsa Cilliers

Almal kry hulle so jammer maar almal bly vir hulle geld gee.

Banie Salzwedel

Die jong man loop sommer by winkels in en vra vir geld.

Tanya Strydom

My hart gaan uit vir ouers wie se kinders op dwelms is want geen ouer wil sy kind so sien nie. Maar vir ’n verslaafde het ek geen respek nie. Maak nie saak wat jy deur gaan nie, of wat die wêreld na jou kant toe gooi nie, jy het ’n keuse om nee te sê. Die keuses wat jy vandag maak byt jou more! Of jy nou jou werk verloor het, blyplek verloor het, ’n geliefde aan die dood afgestaan het of wat ookal die geval kan wees, jy het die  keuse gemaak.

Stiaan Reynierse

Die sad deel is dat dit iemand se kind of broer is. Ek was daar, presies daar! Ek dink ek moet ’n rehab in Middelburg oop maak!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button