News

Lekker koffie voor liggies die strate invaar

Babahuis gaan baat by fietsryers se goedhartigheid.

Inwoners kan daardie ou fiets wat onder stof vergaar, gaan uithaal en in liggies optooi.

Die Middelburg Fietsryklub hou Vrydagaand, 21 November, sy jaarlikse gewilde liggierit vanaf die Hervormde Kerk Noord Gemeente in Vygiestraat.

Daar sal voor die wegspring koffie en koeldrank beskikbaar wees, wat deur die gemeente voorsien word.

Daar word 15 kilometer deur Kanonkop en Dennesig se strate gery.

Boonop baat die dorp se kinders elke jaar by die liggierit.

Hierdie jaar is dit Umephi huis in Aerorand wat die begunstigdes is.

Babaprodukte van enige aard kan na die wegspring geneem of vooraf by B2 Cycleworks  afgelaai word.

Die huis het oor die jare  ’n veilige hawe geword vir weggooi babatjies en geskenkte items sal voor die wegspring aan die babahuis oorhandig word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button