News

NUUS: Skoot klap by Roberts-landgoed: wag beseer, besoeker gearresteer

’n Verdagte is gearresteer nadat ’n sekuriteitsbeampte in die been gewond is by Robers Landgoed in Middelburg.

‘n Vroulike sekuriteitsbeampte van Roberts Landgoed is in die been gewond nadat ’n opslagkoeël haar getref het.

Na wat verneem word het ’n besoeker by die ingang van die landgoed in ’n woordewisseling met een van die twee wagte betrokke geraak. Die man het kort daarna uit sy voertuig geklim en glo ’n 9mm-pistool vir die wagte gewys.

Shooting, skiet, Middelburg, Roberts-landgoed, roberts estate, guard, wag
’n Vroulike wag is vanmiddag by die ingang van Roberts Landgoed in die been gewond met ’n opslagkoeël. Foto: Verskaf.

’n Skoot is deur dié woedende besoeker afgevuur. Die koeël het vanaf die plaveisel opgeskiet en die vroulike wag in haar linkerbeen getref.
Die man is oorrompel en daar gehou totdat polisie en nooddienste opgedaag het. Paramedikuste van ER24 het die beseerde wag gestabiliseer en haar na Life Midmed Hospitaal afgevoer.

’n Poging tot moordsaak is geopen by die polisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button