News
NUUS: Roberts Landgoed-skietvoorval: Gewonde wag ontslaan, verdagte in hof
Dit gaan beter met die sekuriteitswag wat gister by Roberts-landgoed in Middelburg in die been gewond is.
Die vroulike sekuriteitsbeampte wat gister in die been gewond is tydens die skietvoorval by Roberts Landgoed is uit die Life Midmed Hospitaal ontslaan en herstel nou tuis.
Die verdagte sal vandag in die hof verskyn op ’n klagte van poging tot moord.
Die insident het plaasgevind nadat ’n woedende besoeker glo ’n 9mm-pistool uitgepluk en ’n skoot afgevuur is. Die koeël het opgeskiet vanaf die plaveisel en haar in die linkerbeen getref. Sy is deur ER24 behandel en hospitaal toe geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
