
Marlize Struwig (57) kan weer behoorlik sien danksy ‘n kornea-oorplanting, maar daar is nog duisende rande in doktersonkostes wat betaal moet word.
Marlize vertel dat sy jare gelede lensinplantings in albei haar oë ondergaan het en dat haar sig vir baie jare stabiel was.
Sowat agt maande gelede het alles verander. ’n Dokter moes ‘n klein stukkie metaaldraad uit haar regteroog verwyder. Dit het egter ernstige ontsteking veroorsaak wat net nie wou genees nie.
Ten spyte daarvan dat sy voorgeskrewe oogdruppels gebruik het, het haar toestand vererger.
Sy het spesialiste gaan sien en na ‘n tweede opinie, is sy na ‘n ooghospitaal in Centurion, wat bevestig het dat die kornea van haar regteroog beskadig is en deur middel van ’n operasie vervang moet word.
Alhoewel sy ‘n mediese fonds het, het dit nie die prosedure gedek nie. Die operasie en na-operatiewe kostes beloop meer as R100 000.
‘n BackaBuddy profiel is maande gelede al begin, maar daar is nog net R8 500 ingesamel. Persone wat haar wil ondersteun op haar herstelpad, kan ingaan op die skakel HIER en ‘n bydrae lewer.
- Sy hoef nie eers meer die oogklap voltyds te dra nie. Sy sit hom net op as daar stowwerigheid in die omgewing is of as die lig baie skerp is.
