News
KYK: Eerste foto’s en video van elektriese storm gisteraand
Die elektriese storm gisteraand in Middelburg het talle inwoners laat wip van die skrik.
Weerlig wat die lug helder verlig het gisteraand, het ‘n hele paar mense na hul kameras laat gryp.
Larissa Brits (wat in Suid bly) meld dat sy nog nooit weerlig op video geneem het nie en was sy baie opgewonde toe sy gelukkig genoeg was om ‘n paar slae op video vas te vang.
@middelburgobserver Stunning footage captures last night’s electrical thunderstorm over Middelburg, Mpumalanga. Video: Larissa Brits. Thunderstorm, Weather
Haar buurvrou (en vriendin), Scharne Delport het foto’s van die helder verligte aandlug geneem.

Die lug is helder verlig met die weerligslae. Foto: Scharne Delport.
- As jy ook die weerlig afgeneem het, hetsy op video of foto’s, stuur dit vir die Observer na 072 248 3855 of plaas dit in die kommentaar by die Middelburg Facebookblad.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
