CrimeNews

Tiener-trio teiken voertuie in Totiusstraat

Drie jong tienerseuns, waarvan een op ’n motorfiets, het voertuie in Totiusstraat in Gholfsig beskadig nadat hulle die voertuie met voorwerpe bestook het. Een van die slagoffers sê hy het twee keer in een uur deurgeloop.

Tienerseuns, vermoedelik hoërskoolleerlinge, word gesoek ná ’n voorval verlede week waartydens voertuige in Totiusstraat, naby die gholfbaan, met voorwerpe bestook is.

Die voorval het tussen 17:00 en 18:00 plaasgevind.

Volgens Albert van der Westhuizen het die drie seuns ’n voorwerp na verbygaande voertuie gegooi. Twee van die seuns het te voet gevlug, terwyl die derde op ’n veldmotorfiets weggejaag het. Op die foto wat Albert tydens die voorval geneem het, is ’n jong seun op ’n swart veldfiets met helder geel merke te sien. Die beeld is vaag, en die ryer se gesig is nie herkenbaar nie, maar hy dra wit skoene en ’n donker baadjie.

Boy, motorbuike, golfsig, totius straat, middelburg
Een van die trio tieners, wat skade aan motors verrig het. Foto: Verskaf.

Albert vertel dat sy voertuig die eerste keer beskadig is terwyl hy van die werk af huis toe gery het. Na dié voorval het hy in ’n ander voertuig teruggekeer om vas te stel of die seuns steeds in die straat rondbeweeg. “Hulle het toe dié voertuig ook gegooi,” sê hy.

Foto’s wys ’n blouerige skraapmerk op ’n wit paneel van die voertuig, met modderige stukkies aan die kant, duidelike tekens van ’n voorwerp wat die voertuig getref het.

Volgens hom het die drie seuns daarna weer gevlug. Een van hulle is glo deur ’n aankomende Ford Ranger opgelaai voordat hy uit sig verdwyn het. Albert het op ’n stadium die groep oor die skade aangespreek, maar hy sê hulle het op hom geskree en hom gevloek.

kar, car, middelburg, damaged, totiusstraat, golfsig
Die skade op Albert van der Westhuizen se voertuig is duidelik. Foto: Verskaf.

Albert het die voorval op ’n plaaslike radiostasie aangemeld, waarna ’n tweede inwoner bevestig het dat hy dieselfde drie seuns vroeër die aand in die omgewing opgemerk het.

Die voorvalle is nie by die polisie aangemeld nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button