News
GEMEENSKAP: Spore steeds weg, valk het hom dalk gevang
Die wit-en-bruin Jack Russel, Spore, is sedert laas week Dinsdag spoorloos by Pienaardam. Sy eienaar doen steeds beroep op die gemeenskap om hom op te spoor.
Spore, die op-en-wakker Jack Russel wat Dinsdag by Pienaardam spoorloos verdwyn het, is nogsteeds nie opgespoor nie.
Sy eienaar, Gemay Hattingh, vermoed dat Spore moontlik deur ’n valk gegryp is, maar sy hoop steeds vir die moontlikheid dat iemand hom dalk raakgesien het of dat hy miskien iewers skuiling gevind het.
Spore dra ’n bruin leerhalsband met ’n naamplaatjie, en enigiemand wat hom dalk sien, word gevra om dringend vir Gemay te skakel by 082 560 5558.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
