News

Joernaliste is ook draers van hoop

Eerste Afrikaanse boek in 43 jaar oor joernalistiek bekendgestel

“Joernaliste is ook draers van hoop.”
So het professor Johannes Froneman vanoggend gesê by die bekendstelling van sy nuwe boek “Konstruktiewe joernalistiek vir vandag”.
Die eerste Afrikaanse boek oor joernalistiek in 43 jaar!

Uitgesoekte gaste

Die geleentheid by Akademia se kampus is bygewoon deur uitgesoekte gaste soos dr Alida Kok, vakhoof; politiek, van die Fakulteit Geesteswetenskappe by Akademia, prof Danie du Plessis, dekaan; Fakulteit Geesteswetenskappe en dr Andre Gouws sameroeper van die Forum vir Gemeenskapskoerante se jaarlikse kompetisie vir joernalistieke uitnemendheid.

Konstruktiewe joernalistiek

Prof. Froneman het gesê hoe ouer mens word hoe meer ingesteld is jy op die positiewe.
“Daar is ’n wêreldwye behoefte om nie net krities te wees nie, maar om ook deel te wees van die antwoord.”
Hy noem dit “konstruktiewe joernalistiek”.
Hy sê joernaliste moet ook deel wees van die antwoord.
“As jy bloot oopkrap en dan weghardloop, wat het jy bereik?”
Volgens hom moet joernaliste ook fasiliteerders wees van die oplossing.
Hy het gesê joernaliste het meer om te bied as om net te rapporteer.

Oormaat van nuusplatforms

Oor die veranderde media landskap was sy mening dat daar nou ’n oormaat van nuusplatforms is.
“Die kuns is om lesers nie te verveel nie.”
Dit is ’n omvattende boek wat op elke joernalis se tafel hoort.
Die hoofstukke sluit in “konstruktiewe joernalistiek maak saak”, “verstaan die media beter”, “nuus word telkens geskep”, “redakteurs en nuuskantore se rolle verander”, “elkeen moet ’n subredakteur wees”, “’n loopbaan in die joernalistiek” en “’n paar wenke vir skryf”.

Kleurryke loopbaan

Dr Froneman het ’n kleurryke loopbaan in die mediabedryf wat begin het as joernalis by verskeie publikasies, dosent, navorser, skrywer en hy bou intussen die digitale miediamuseum Mediamense.com waar navrae oor die boek gedoen kan word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button