News

Liefdevolle verpleegster oorlede

Middelburg neem afskeid van ’n saggeaarde verpleegster wie se sagte hand en warm hart vir jare ’n lig vir ander was.

Die Middelburg gemeenskap treur oor die afsterwe van Madalane Brits (56), die geliefde verpleegster wat die afgelope paar jaar saam met dr. Theuns Botha by Prime Cure-Medi Centre gewerk het.

Madalane is op 14 November ná ’n kort siekbed onverwags in die Middelburg Hospitaal oorlede.

Madalane was bekend vir haar rustige teenwoordigheid, haar sagte benadering en die manier waarop sy elke pasiënt laat veilig voel het. Vir baie was sy nie net ’n verpleegster nie, maar ’n vertrooster, ’n luisteraar en ’n hart wat nooit te moeg was om om te gee nie.

Sy word oorleef deur haar lewensmaat Beneen, haar kinders Marissa, Tanya en Raymond, haar skoonseuns Danie en Kyle, asook haar vyf kleinkinders wat haar wêreld was.

Madelane Brits. middelburg, verpleegster, dr botha
Madelane Brits. Foto: Verskaf.

Haar familie bedank Avbob vir hul sorg en bystand, en spreek hul dank uit teenoor almal wat deel van haar lewe was en hulle nou in hul tyd van rou ondersteun. “Die gemeenskap se liefde dra ons deur die donker dae.”

Haar nalatenskap van sagtheid, diensbaarheid en opregte menslikheid sal lank onthou word.

’n Roudiens word Donderdag, 27 November om 11:00 by die ICSA-kapel (by die Samora Machel begraafplaas) in Middelburg gehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button