‘Rus sag Mamma’
’n Dogter het in ’n hartroerende brief afskeid geneem van haar moeder wat vanoggend gesterf het.
Marieta Uys het ’n spesiale briefie in herinnering aan haar ma, Hester, geskryf.
Hester Knoesen is vanoggend na ’n twee jaar lange stryd teen kanker oorlede.
Marieta se brief aan haar moeder:
“Rus sag, mamma. Ek plaas jou by Jesus se voete neer, want Hy was jou skuilplek, jou troos, jou hoop in elke storm.
“Wat ’n groot eer en voorreg was dit om jou as my mamma te hê. Jy het my geleer om te glo, om liefde te kies, en om altyd aan te hou, maak nie saak wat nie.
“Vandag is jy pynloos, vry van swaarkry en bekommernis. Ons harte huil omdat ons jou mis, maar ons siel glimlag omdat jy by Hom is. Waar daar geen trane is nie, net vrede en ewige rus.
“Dankie vir wie jy was – vir elke gebed, elke aanraking, elke woord van wysheid. Jou liefde leef voort in my.
Tot weersiens, mamma. Ek sal jou altyd liefhê.
- Mamma los agter haar dogter Marieta, familie, vriende, kleinkinders, skoondogters en haar vriend Tjaart.”