Middelburg huiseienaar in België toe daar Woensdag middag 'n inbraak was. Foto: Carmia Jansen van Vuuren.
’n Woning wat gereed gestaan het vir nuwe huurders in Sipresstraat, Dennesig, is Woensdag sodanig geplunder dat die huurders nie kan intrek nie.
Na wat verneem word was die eiendomsagent by die huis tot omtrent 14:00. Met haar terugkeer omstreeks 16:00, was die huis tot op die draad gestroop.
Die volgende is gesteel en gebreek in hul strooptog:
Geyser.
Die diewe het omvattende skade aan die huis in Dennesig gelaat. Foto: Verskaf.
Koperpype.
Die diewe het omvattende skade aan die huis in Dennesig gelaat. Foto: Verskaf.
Ligte en skakelaars.
Die diewe het omvattende skade aan die huis in Dennesig gelaat. Foto: Verskaf.
Elektriese toerusting.
Die diewe het omvattende skade aan die huis in Dennesig gelaat. Foto: Verskaf.
Plafon wat uitgeslaan is.
Die diewe het omvattende skade aan die huis in Dennesig gelaat. Foto: Verskaf.
Wasbak wat gebreek is.
Die diewe het omvattende skade aan die huis in Dennesig gelaat. Foto: Verskaf.
Daar is ook struturele skade binne.
Die verwoesting is só erg dat die nuwe huurders nie kan intrek nie, aangesien die woning nou ook sonder water en elektrisiteit is. Die huis se eienaars, wat tans in België, Europa, woon, moet die skade en versekeringsproses van oorsee af hanteer.
Die polisie het bevestig dat ’n saak geopen is, hoofsaaklik vir versekeringsdoeleindes, maar kon nog nie verdere besonderhede bekend maak nie.
Enigiemand wat verdagte beweging in die straat opgemerk het tussen 14:00 en 16:00, word gevra om dit by Middelburg Polisiestasie aan te meld.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.