News

Hartsnare roer van nostalgie én hartseer

Wanneer ’n konsertina die 'Last Post' speel staan sommige op aandag.

Dit is ’n tikkie nostalgie saam met ’n skoot hartseer wat die hartsnare roer.

’n Video word tans wyd op sosiale media gesirkuleer, waar ’n boere-orkes die “Last Post” speel. Min mense is bewus dat die opname gemaak is net ’n klipgooi van Middelburg af.

Koos Kleinsmith het vanoggend bevestig dat die opname in Die Kraal gemaak is. Die Kraal was sy breinkind terwyl hy nog algemene bestuurder by De Voetpadkloof-oord was. Een van die laaste geleenthede wat hy gereël het, was ’n byeenkoms waar die boereorkesgilde by die oord saamgetrek het.

Chris Green het gesorg dat die krismiswurms moeg gekielie word. Daar was sewe orkeste wat ’n Saterdagoggend van tien uur die oggend vir 40 minute gespeel het. Na ’n 20 minute breek het die volgende orkes ingeval.

sonsak, de voetpadkloof
’n Foto by De Voetpadkloof geneem toe die son sak. Die son het vir Die Kraal gesak maar sy nostalgie leef voort. Foto: Verskaf.

Besoekers het tot laat die aand saam met die orkeste gekuier en gedans. Die Sondag is daar in Die Kraal opnames gemaak waarvan een nou gesirkuleer word.
Jannie Kitching wat digitale inhoud vervaardig het die video gemaak. “Wanneer ’n konsertina die “Last Post” speel, is daar baie van ons oueres wat dalk op aandag sal wil staan. Vir die res, kry net hoendervleis en luister saam,” word onder aan die video gesê.

Nadat Die Kraal gebou is was daar onder andere ’n bakoond, oudhede winkeltjie en selfs ’n klavier. Wanneer die Moths, waarvan Kleinsmith lid is, in Die Kraal gekuier het, het Lionel Winterbach agter die klavier ingeskuif en ook die hartsnare geroer. The Last Post word gewoonlik by militêre begrafnisse gespeel.

Hartseer is dat Die Kraal na Kleinsmith se aftrede afgebreek is en daar is van die oudhede ontslae geraak.

Die video van The Last Post laat sommige op aandag staan en ander kry hoendervleis.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button