KYK: ‘God se hand van beskerming was oor ons,’ na storm boom voor huis uitruk
’n Geweldige storm in Middelburg laasnag het bome omgeruk en alarms laat skree.
’n Gesin van Kanonkop glo daar was’n Hoër Hand wat gekeer het dat ’n boom, wat met die storm uitgeruk is, nie na hul kamers se kant toe geval het nie.

“God se beskerming was beslis oor ons. Die boom het gelukkig net kant toe geval en ons erf van buite af geblok en nie kamers toe geval nie,” het Juanitta Annandale vanoggend gesê.
Die reuse boom is letterlik uit die grond uit geruk by hul huis in Meidoringstraat, Kanonkop.

Nog ’n boom het omgeval in Sipresstraat, Kanonkop en inwoners het laat weet dat hul alarms selfs afgegaan het.

Tobie van den Bergh het ’n video geneem van die boom wat omgeval het in Sipresstraat.
@middelburgobserver At least two trees were uprooted in Kanonkop (Middelburg) during last night’s storm. More rain is expected. Weather, Kanonkop, TreeFelling, MiddelburgObserver
- As jy ook stormskade gehad het by jou huis, stuur ’n WhatsApp en video (indien moontlik) na 072 248 3855.
