KidsNews

Op jou merke, gereed…dit is Liggiefees!

Middelburg Care Village se jaarlikse liggie skouspel maak dié week oop en bring Desember feesseisoen-vreugde ter ondersteuning van meer as 100 kinders.

Die Middelburg Care Village Liggiefees se hekke open Vrydag en verander dié uitgestrekte terrein weer in ’n glinsterende somerparadys.

Die liggiefees duur tot 20 Desember. Elke kaartjie help om die meer as 100 kinders van die Care Village in die nuwe jaar deur te dra vir die eerste paar maande.

Middelburg care village, desember, liggie fees
Middelburg Care Village se Liggiefees is uiteindelik hier! Foto: Verskaf.

Voorbereidings is al weke aan die gang met kleurvolle vlaggies, handgemaak deur die kinders, ’n reuse 10 meter hoë Kersboom en die Care Village se ‘liggie-elfies’ wat sal bydra tot die magiese atmosfeer wat jaar ná jaar die gemeenskap betower.

Die liggies bied pret vir die hele gesin en daar is vanjaar ekstra sorg gegee om veral die kleigoed besig te hou met:

• ’n Kinderspeelarea.
• ’n Motorfietsie baan vir kleuters jonger as vyf jaar (bring die kleuter se eie of huur daar).
• Karnavalspeletjies teen R10 elk.
• Springkastele.
• ’n Nuwe veilige peuter-area vir die jongste kleingoed (geen toesig).

Middelburg care village, desember, liggie fees
Die 10 meter hoë liggie Kersboom. Foto: Verskaf.

Met genoeg spasie om te hardloop, speel en asem te skep, beloof die Liggiefees die ideale uitstappie vir Middelburg families.

Toegang is:

• R40 per volwassene.
• R30 per pensioenaris.
• Gratis vir kinders onder drie jaar.

Hierdie Liggiefees gaan vir groot en klein skyn. Middelburg Care Village is gereed vir die fees, is jy?

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button