Hoop dwelmnaalde en ander gemors skok inwoner
Gebruikte dwelmnaalde en rommel by die Samora Machel-trappe naby die silo’s beklemtoon wéér hoe Middelburg se dwelmpandemie groei.
Dwelmnaalde by trappies in Samora Machel- en ander splinternuwe naalde iin Cowen Ntulistraat het ‘n inwoner omgekrap.

Andre Coetzee vertel dat hy gister (1 Desember) op die rommel en naalde afgekom het by Samora Machelstraat se trappies wat afgaan tot by Weberstraat. Hy skryf dié toneel as, ‘die slegste’ wat hy nóg daar gesien het.

Die area, wat reeds bekend is vir sy haweloses en rowers, blyk nou duidelik ook ‘n uithangplek vir dwelmgebruikers te wees. Hope rommel, stukkende glas en gebruikte spuitnaalde lê op ‘n hoop by die voet van die trappe.

Kort daarna het hy ook op ‘n hoop splinternuwe naalde in Cowen Ntulistraat op ‘n sypaadjie naby ‘n besighid afgekom.

“Dit raak net erger soos die tyd verbygaan,” sê Andre.In beide areas is daar baie voetgangers wat daagliks die roetes gebruik.

