Fietsryer trap op lekker vet pofadder
Swart mamba wat in Dennesig gekry is wys die slang gevaar.
Hoe hoog kan ’n mens spring?
Wanneer jy op ’n pofadder trap, seker oor ’n huis se dak.
Wanneer jy so pas Springbokstraat op ’n fiets uitgespook het, spring jy nie eers nie.Jy stap net weg en skrik later.
Dit is somer en die slange loop.
Moenie dink daar is net huisslangetjies in ons omgewing nie.
Die dodelike swart mamba is al in Dennesig gekry en nou het ’n fietsryer, wat anoniem wil bly, Dinsdag in Renosterstraat op ’n pofadder getrap.
Nadat hy Springbokstraat uit is, het hy ’n blaaskans gevat en van sy fiets af geklim.
Dit eers met die wegstap dat hy op die lekker vet pofadder trap.
Slangvanger Vic Boshoff, sê dit is ’n mannetjies pofadder.
Nee, die poffie het nie meer gelewe nie.
Ons weet nou nie of hy hom dood geskrik het vir die vreemde wese wat oor hom uit getoring het nie.
