News

Liefde en drukkies vir Chris en Sarie se 58ste huweliksherdenking

58 jaar van liefde en geduld is die voorbeeld wat ’n egpaar vir hul kinders en kleinkinders stel.

Chris en Sarie Botha is op 9 Desember 1967 getroud en vier hul 58ste huweliksherdenking een van die dae.

Hul kinders en kleinkinders en spesiale briefies vir die Observer gestuur om hulle met hierdie groot dag geluk te wens (daar is ook ’n berig in vandag se uitgawe van die Middelburg Observer.

Chris en Sarie Botha op hul troudag 58 jaar gelede.

Hier is die briewe wat as gelukwensings aan hulle gerig is:

• Twee spesiale ouers se troudagherdenking na 58 geseënde jare.
Pa en Ma dankie vir baie jare se ondersteuning…opvoeding en ‘n voorbeeld wat julle vir ons as kinders is en was.
Ek is trots om julle my ouers te noem en dankbaar dat Liewe Jesus julle nog vir ons spaar.
Mag julle nog baie jare vir ons gespaar bly en gesondheid deel van julle daaglikse lewe wees.
Geniet elke dag saam met mekaar en bly so lief vir mekaar…vol verdraagsaamheid en aansporing.

• Oupa en Ouma is vir my baie special.
Oupa is altyd reg vir ‘n drukkie en, ‘hoe was jou dag?’ altyd deel van groet.
Dankie Liewe Jesus dat Oupa en Ouma nog by ons is.
Hou hulle gesond en bewaar hulle met Jesus se spesiale liefde.
Geniet mekaar en moenie so kwaai wees nie!
Baie lief vir julle.
Juandrey (Kleinman)

• ‘Vroue, wees julle mans onderdanig soos dit betaamlik is in die Here. Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie.’ Kolossense 3:18-19
My liewe Dad en Mams.
Die mooiste vir my was nog altyd om te sien hoe Ma altyd daar is om Pa by te staan in als wat hy doen en al was hy soms kwaai as hy geïrriteerd is met ’n situasie, het hy altyd gesê: “Jammer my vrou, ek is lief vir jou.” Sommer net so uit die bloute ’n drukkie of ’n soentjie met liefde en deurnis.
Ek was ‘n stoute klein hel, maar altyd na ‘n speech het ek geweet julle is lief vir my, my nog altyd in als bygestaan en gehelp waar julle kan.
Wat ‘n voorreg om in die oggend ‘n koppie koffie saam julle te geniet, altyd ‘n beskuit saam en dan voor jy ry: “Hier is ‘n vrugte slaaitjie,” en soms ‘n soet dingetjie vir die dag.
In die middag na ‘n lang dag om net gou te stop om te hoor hoe was julle dag en natuurlik voor ek huis toe gaan, ry ek nie daar voor ek ‘n whiskey saam met Dad geniet het nie.
Julle is die beste voorbeeld van hoe ‘n huwelik moet wees. En als gebou op Liewe Jesus se genade.
Al wat ek kan sê is: Dankie en ek is baie lief vir julle.
Baie geluk met julle huweliksherdenking, mag Liewe Jesus julle altyd veilig hou, behoed en bewaar deur alle gevaar.
En onthou my hoeter sal julle altyd wakker hou!
Mooi dag vir julle.
Met baie liefde
Petrus.

• Oupa en Ouma, baie geluk met julle 58ste huweliksherdenking!
Dankie vir hoe julle my in die Botha-familie in aanvaar het, al die omgee en vir al die liefde.
Ek hoop vir julle nog baie gelukkige en gesonde jare vorentoe.
Mag ons nog báie saam met julle ‘gloeg-gloeg’!
Liefde, Larissa.
• Liewe Oupa Klis en Ouma Salie… Joh hoe begin ‘n mens?
Julle het vir my en Tiaan basies grootgemaak. Ek sal nooit die Marloth uitstappies en wildtuin vergeet nie.
Julle huwelik is gebaseer op God en dis hoekom hy vandag nog staan.
Mag julle liefde vir mekaar net vermeerder soos julle liefde vir God vermeerder.
Vriendskap dra baie verder as finansies of besittings en dankie dat julle vir my en my nuwe vrou so great voorbeeld is.

• Wow! Dit is so ‘n groot eer om deel te kan wees van hierdie belangrike dag.
Julle is voorwaar ‘n wonderlike voorbeeld vir ons almal.
Deur al die dinge wat die lewe na julle kant toe gegooi het, het julle met God se hulp en met mekaar se liefde deurstaan.
Die deursettingsvermoë is so wonderlik om te aanskou.
Dit is so wonderlik om te kan sien na al die jare sprankel die oë nogsteeds net vir mekaar.
Ek kan net sê dankie dat God my so geseën het met wonderlike ouers, dankie vir alles wat julle nogsteeds vir my doen en alles wat julle my geleer het en nog elke dag probeer leer.
Geluk met julle huweliksherdenking, my China en Moeksie
Love you to bits.

• Na 58 jaar is dit nie net meer ‘n liefdesverhaal nie, dit is ‘n legende!
Om so lank getroud te wees, is nie net indrukwekkend nie, maar inspirerend. Dit inspireer ons om deur maklike, moeilike en net die daaglikse lewe te werk om aan die ou einde saam ons huweliksmaatjie saam handvas hemel toe te loop.
Baie geluk Oupa en Ouma met jul huweliksherdenking.
Lief vir julle.
Tiaan en Walene.

• Liewe Oupa en Ouma, ek wil net se baie geluk sê met julle 58 ste huweliksherdenking.
Al is ek net 17 jaar deel van die 58 jaar het Oupa en Ouma my met baie dinge gehelp, byvoorbeeld Oupa het my appelskil-tricks geleer en elke keer as ek stres dan druk ek aan ouma se spookasem-hare soos ‘n stresbal.
Baie dankie dat ek deel kan wees van julle inspererende huwelik.
Liefde van julle gunsteling kleinkind, Jolan.

• Liewe Pa Chris en Ma Sarie, baie geluk met julle 58ste huweliksherdenking.
Wow! 58 jaar wat julle vir mekaar gespaar is!
Dankie vir die pragtige voorbeeld wat julle vir ons as kinders en kleinkinders stel as getroudes.
‘n Voorbeeld van vasbyt en deurdruk, ‘n voorbeeld van liefde en geduld vir mekaar.
58 jaar simboliseer marmer wat so perfek by Pa pas, wat meer kan ek sê… en wit rose, met wat beter kan ek Ma vergelyk as ‘n plant?
Mag julle nog baie jare vir mekaar en vir ons gespaar bly.
Mag ons as kinders en kleinkinders julle voorbeeld van 58 jare se voetspore volg vir ons eie 58 jaar van geluk en voorspoed en liefde.
Baie liefde, Lizelle (julle oulikste skoondogter).

• Oupa Chris en Ouma Sarie, julle beteken die wêreld vir my en my Justine. Om 58 jaar saam te wees is ‘n wonderwerk van die Here af.
Ons sou graag julle meer wil sien, maar dit is bietjie moeilik van Engeland af.
Ek en Justine sien Oupa en Ouma as ‘n inspirasie vir ons verhouding.
Ons wens julle net die beste toe en mag die Here julle huwelik nog meer seën.
Ons is lief vir julle!
Dylan en Justine

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button