Die Middelburg Care Village se Liggiefees het gister aand, 5 Desember, afgeskop.

Duisdende liggies vorm tonnels wat inwoners betower, terwyl elke hoekie die harde werk en liefde weerspieël wat hierin ingesit is.

Kinders het deur die tonnels gehuppel, tieners het onder die ligte poseer vir foto’s en ouers het agtergebly om net die oomblik in te drink.

Die opening het bewys: hierdie jaar se fees gaan Middelburg se feesseisoen laat gloei.
Die Liggiefees is oop van 5–20 Desember, daagliks van 18:00 tot 21:00, en bied vermaak vir die hele gesin.

Toegang:
* R40 per volwassene
* R30 per pensioenaris
* Gratis vir kinders onder 3

Met ’n opening wat soveel glans beloof, lyk dit of Middelburg se feesseisoen hierdie jaar werklik skitter!
KYK: Die Liggiefees is oop!: https://www.tiktok.com/@middelburgobserver/video/7580619676548386068
@middelburgobserver KYK: Middelburg Care Village Liggiefees skitter helderder as ooit! #MiddelburgObserver #Middelburg #Mpumalanga Liggiefees MiddelburgCareVillage
