News

Waarskuwing: Stoptekens in besige kruising is weg!

Motoriste word gewaarsku dat alvier stoptekens in 'n besige kruising in Middelburg weg is!

Alvier die stopstekens by die besige vierrigtingstopstraat op die hoek van Samora Machel- en Hoogstraat is weg en motoriste word gewaarsku om die kruising versigtig te nader.

Daar is vanoggend net voor 04:00 op die Traffic Alert WhatsApp-groep gewaarsku dat die stoptekens, “verwyder of gesteel is” en dat talle voertuie al teen ‘n hoë spoed deur die kruising gejaag het.

‘n Dringede beroep word op motoriste gedoen om te stop by die kruising en ook te kyk vir aankomende verkeer wat nie weet dat daar stoptekens was nie, wat moontlik deur die kruising kan jaag sonder om te stop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button