News

KYK: Waar in Middelburg is daar liggies by huise in die Kersgety?

Almal wonder waar in Middelburg kan hulle na liggies gaan kyk.

Dit is feesgety en liggietyd en elke aand stroom hordes mense na die Middelburg Care Village se jaarlikse liggiefees.

Almal wonder ook of daar nog inwoners is wat hul huise in hierdie tyd met liggies verfraai sodat almal kan gaan kyk.

Die Hall-gesin het hul huis in Erembeestraat (Mineralia) in liggies getooi en is mense welkom om in die aande tot 21:00 (as dit nie reën nie) na die liggies te kom kyk. Hulle sal die liggies in die aande aansit tot na Kersfees.

@middelburgobserver

Gaan kyk gerus na die liggies by Erembeestraat 25, Mineralia (Middelburg) in die aande tot 21:00. Stuur vir ons foto’s en videos na 072 248 3855 as jou huis in Middelburg ook in liggies getooi is! ChristmasLights, ErembeeStreet, Middelburg Observer.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

  • As jou huis opgemaak is met liggies vir almal om na te gaan kyk in die Kersgety, stuur vir ons ‘n WhatsApp na 072 248 3855 met die adres, asook foto’s en ‘n video en ons publiseer dit graag.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button