KYK: Denne plantasie sonder toestemming afgesaag
Reuse stompe lê verlore waar hulle eens die lug in geklief het.
’n Pragtige ou denne plantasie waar voëls in die aande lustig kwêtter, is sonder seremonie en sonder toestemming afgesaag.
Dit is ’n hartseer prentjie.

Bome wat die vernietiging oorleef het, het terwyl die son vanmiddag sak, op tientalle stompe afgekyk.
Dennenaalde en takke is op hopies opgestapel.
Die bos is dekades oud en reg langs die N11, net voor die Dennesig woonbuurt.
@middelburgobserver VIDEO 1 – Anger erupted after a felling crew sawed down multiple pine trees in Dennesig’s green belt. The DA’s Johann Dyason says that no permission was obtained for the tree felling, and that the people behind the devastation were ordered to stop, but not before major damage had been done to the public open space.
Raadslid Johan Dyason het dadelik ingegryp toe inwoners hom van die vernietiging vertel. Hy het me. Dalene Lamprecht van die Steve Tshwete Munisipaliteit se Parke-afdeling geskakel wat bevestig het daar is nie toestemming gegee om die bome af te saag nie.
Hy het na die terrein gery en die werk is onmiddellik gestaak.
’n Groot deel van die bos was toe reeds afgesaag.
@middelburgobserver VIDEO 2 – Anger erupted after a felling crew sawed down multiple pine trees in Dennesig’s green belt. The DA’s Johann Dyason says that no permission was obtained for the tree felling. The landscape was altered competely and the wood stacked for removal. The removal was, however stopped, and no wood can be romoved.
Daar is opdrag gegee dat die stompe net daar gelaat word.
Daar is vasgestel dat die werk gedoen is deur dieselfde kontrakteur wat die dennebome langs Verdoornstraat langs Blue Ribbon Bakkery afsaag.
Daardie bos is reeds daarmee heen.

Amptenare van die Steve Tshwete Munisipaliteit sê die bome word afgesaag omdat hulle “vrot is en omval”.
Daar gaan weer inheemse bome geplant word.
As die bome dan nou so “vrot is en omval” waarom word die honderde stompe netjies afgesaag om verkoop te word?
Daar is ’n slang in die gras.
Die storie van die vrot bome lyk onwaarskynlik.
Die stompe is reeds op hope opgestapel en gemerk sonder enige vrot bome in sig.
Mnr. Nico Minnie van Mineralia wat die bome afsaag, het vanaand gesê “Aubrey van die parke afdeling” het vir hom toestemming gegee om die Dennesig bome af te saag.

Hy het gesê “dit was ’n fout” en hy het die saag van die bome gestaak.
Minnie het erken dat hy nie skriftelike toestemming gehad het om die bome af te saag nie en het toe die oproep beëindig.
