News

Maak vas julle veiligheidsgordels die Dunhill raak witwarm

Potgieter vat vlam na sukkel begin.

Die Spanjaard Eugenio Chacarra is na die tweede dag van die Dunhill gholfkampioenskappe by Royal Johannesburg steeds die voorloper met verskeie Suid-Afrikaners wat in sy nek blaas,

Na die tweede rondte, in perfekte weer, het Oliver Bekker op die telbord ’n goeie sprong gegee, met ’n -5 vir die dag en -11 vir die toernooi, teenoor Chacarra se -15.

Hy is een van die spelers wat met vier houe agter die Spanjaard is.

Na ’n sukkel begin het Aldrich Potgieter skielik vlamgevat en die dag op -8 afgesluit.

Mens kry die gevoel dat Potgieter net bietjie geluk nodig het om te ontplof.

Dit kan vir ’n interessante laaste twee dae sorg met die toernooi wat Sondag afsluit.

Ruan Korb het een oor die vir die dag gepeel maar is steeds op -3.

Die Nelspruiter, Thriston Lawrence, gesels ook nog saam en is op -9.

Die vraag is of ’n Suid-Afrikaner die week met die louere gaan wegstap of gaan Chacarra soos die Noorweër, Kristoffer Reitan, by Cun City, met die louere wegstap.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button