KYK: Erewag vir gewilde kolonel sorg vir aangrypende oomblik
Vreesloos toe hy rower met wapen by supermark konfronteer.
’n Groep rowers het op Checkers in die middedorp toegeslaan.
Polisiemmanne, waaronder kolonel Drikus Oosthuizen, was blitsig op die toneel.
Die gebied is afgesper en daar is na die rowers gesoek.
Ten minste een was gewapen.
Daar is vermoed dat hy op die dak kan skuil en polisiemanne het daar na hom gaan soek.
Dit was tevergeefs.

Laat die aand het kolonel Oosthuizen opdrag gegee dat ’n klein stoorkamertjie aan die kant van die gebou oopgebreek word.
Dit was toe al die tyd die rower se skuilplek.
Kolonel Oosthuizen was aan die voorpunt toe daar op die gewapende man toegesak word.
Die Middelburg Observer was op die toneel om ’n dramatiese foto te neem.
Het eers later besef die rower kon kolonel Oosthuien en van die ander polisiemanne doodgeskiet het.
Dit was maar een van die uiters bekwame polisieman se noue ontkomings.
Hy het ook op ’n keer by ’n huis waar daar moleste was in die gang afgestap.
Die volgende oomblik het ’n man uit ’n kamer met ’n vuurwapen tevoorskyn gekom en die sneller getrek.
@middelburgobserver An impromptu reunion and honorary guard for Middelburg police veteran Colonel Drikus Oosthuizen took place on Saturday at the Middelburg Reservists’ Canteen, one of the last remaining watering holes for the men and women in blue.
Die wapen het gestoor.
Kolonel Oosthuizen het die dood vrygespring.
Hoe gewild die gewese reserviste bevelvoerder was is Saterdag gesien.
’n Informele reünie is by Klub 31 vir hom gehou en oud reserviste het van sover as Brits en Bella Bella gekom.
Na sy polisiedae was kolonel Oosthuizen by MidAlarms betrokke, maar verkies deesdae die rustige lewe van Kranspoort dorp.
Adjudant offisier Gawie van Deventer en adjudant offisier Abdul Kasoo het die reëlings getref.

Van sy oud kollegas wat teenwoordig was, was kolonel André van der Westhuizen, kaptein Maureen van der Westhuizen, kol. Arrie Coetzer, kaptein Hans du Preez, Jan van Staden, kapt. Henk Wessels, Hettie le Roux, René Reinecke en Leon Harrington.
Oud reserviste wat die geleentheid bygewoon het was kaptein Drummond Hammond, Ernest Bean, Elmarie Nel, Basie Otto, Angelique Beukes-Otto, Hennie Rossouw, Kobus Kraft, Riaan en Marthie Cordier.
Adjudant Van Deventer het sy dank uitgespreek teenoor oud kolonel Poena Prinsloo en André Wessels van MidAlarms se bydrae om die byeenkoms ’n sukses te maak.
In ’n hartroerende gebaar het die teenwoordiges vir kolonel Oosthuizen ’n erwewag gevorm voordat hy terug is na Kranspoort.
Hy veg die afgelope paar jaar ’n moedige stryd teen veelvuldige sklerose.
