KYK: Ouers wat gaan troos soek begroet met oorgroeide kindergraffies
Munisipaliteit se verskoning is dat hulle nie ’n bossiekapper het nie.
Op ’n kindergraffie roep die woorde ten hemele.
Ouers se hartseer uitgestort in ’n paar woorde…
Every step I take
Every move I make
Every single day
Every time I pray
I’ll be missing you.
@middelburgobserver The Middelburg cemetery , which is full, looks a mess with ground keeping done months ago, due to a borken wheed-eater and one mower. The municipality is fast running out of believeable excuses for service delivery failures.
En op nog ’n grafsteentjie staan daar:
Jou plekkie is leeg
Jou stemmetjie is stil
Ons swyg O Heer.
Dit was U wil…
Die graffies is toegegroei, soos die ander in die kinderbegraafplaas op Middelburg.
Die begraafplaas is onversorg.
Maande laas skoongemaak.
Daar waar ouers stukkend gaan troos soek, word hulle verwelkom deur bossies.
Nog verder gepynig.
Gepynig met disrespek vir hulle kinders se graffies.
Waar is die respek?
Waar is die belastingbetalers se geld wat die begraafplaas moet onderhou?
Waar is die raadslid wat vir die area verantwoordelik is?
Volgende jaar is dit weer verkiesing en dan soek julle ons stem.
En hierdie is die toppunt.
By navraag is die antwoord: “Ons is besig maar het net een masjien en geen bossiekapper”.
Geen bossiekapper?
Dit skreeu ten hemele!
As julle nie slaggate kan regmaak nie Steve Tshwete Munisipaliteit, of die straatligte nie, wys ten minste respek vir ons kinders.
Toon ten minste respek vir die dood…
…respek vir kinders se graffies…
