News

Oliver kon net-net nie die pyp rook in Dunhill

Korb en Potgieter het ook ’n goeie laaste rondte.

Dit was naby maar tog nie goed genoeg nie.

Die drie gholfspelers met Middelburgse verbintenis,  het ’n goeie laaste dag beleef in die Dunhill gholfkampioenskappe by Royal Johannesburg.

Oliver Bekker het sukkel-sukkel begin, maar homsef reggeruk om met -13 te eindig. Hy het die toernooi afgeskop  met ’n 66 en dit opgevolg met ’n 67 en vandag ’n 68 op sy telkaart ingevul.

Aldrich Potgieter het self ook met ’n -11 geëindig. Hy het ’n 67 69 en 67 gepeel.

Die oud HTS Middelburg leerling, Ruan Korb, het ’n goeie toernooi beleef en eindig op -2. Sy tweede rondte van 73  het hom aan die hakskeen gebyt, na ’n goeie 68 op die eerste dag. Hy het vandag ’n 71 op sy telkaart ingevul.

Dit is een hou beter as die hoogaangeskrewe Sanjaard Pablo Larrazabal.

Die toerno­oi is deur die 24-jarige Jayden Schaper gewen met ’n arend op die eerste uitspeel putjie nadat hy en Shaun Norris albei op -16 geëindig het.

Thriston Lawrence van Nelspruit het op -10 geëindig.

Die toernooi is na drie rondtes verkort, nadat die baan Saterdag onspeelbaar was na deurdringende reën.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button