News

KYK: Fotografie paradys deur boomsae vernietig

Hart aan skerwe nadat fotograaf impak van vernietiging sien.

Karen Barnard het somtyds tot vier ure in die nou afgesaagde denne plantasie spandeer.

Toe sy en haar man Barries hulle Kersfees foto’s in die plantasie gaan  neem, het hulle na die voëls geluister en na die neste hoog bo in die bome gesoek.

Nou is die bome afgesaag en haar hart aan skerwe.

Sy het in ’n roerende stuk geskryf hoe die trane geloop het oor die ou reuse  wat nou daar nutteloos op die grond lê.

’n Kersfoto van Liam, Beula, Mienke en Duan Botha in dei dennebos.

Sy skryf:

“Ek is gebore en getoë in Middelburg, en so lank as wat ek kan onthou, is die dennebome daar langs die Loskopdam-pad.

“Ek is lief vir bome – nie net omdat ek as fotograaf altyd op soek is na mooi plekkies om foto’s te neem nie, maar dis net ’n ding vir my. Op skool het ek altyd in ’n boom geklim om daar bo te sit en boek te lees.

“En voëls… ek kan heeldag, elke dag, by my kantoordeur sit en na die voëltjies kyk.

@middelburgobserver

VIDEO 1 – Middelburg residents want to know who gave permission to a local tree feller to cut down at least ten pine trees in one of the town’s most beloved greeb belts. The area has always been a favorite backdrop for Middelburg photographers. The tree felling business says the municipality gave permission while the parks department says no permission was given.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

“Die dag toe ek my Kersfees-sessies in die dennebos gaan doen het, het ek en my man, Barries, die heeltyd na die voëls geluister. Ek het selfs gaan soek na die neste – hoog, hoog bo in die bome. Hulle klanke was die hele tyd daar, tydens elke fotosessie.

“Ek het toe agtergekom dat daar baie meer bome afgesaag is as die vorige keer wat ek daar was, en dat daar ook meer gemors rondlê as gewoonlik. Ek het ’n video gemaak met die doel om iemand te kry wat antwoorde kon gee, iemand wat dalk kon help. Ek was net te besig… en het nie daarby uitgekom nie. Vyf dae later was dit te laat.

“My hart is aan skerwe.

“Saterdagoggend het ek in my kar geklim om self te gaan kyk. Daar was darem nog een boom met voëlneste in, die ander twee is afgesaag! Party van die voëls het bo-oor die bome rondgevlieg, amper asof hulle iets soek… en toe kom ek op die karkas af.

“En toe huil ek weer.

@middelburgobserver

VIDEO 2 – Middelburg residents want to know who gave permission to a local tree feller to cut down at least ten pine trees in one of the town’s most beloved greeb belts. The area has always been a favorite backdrop for Middelburg photographers. The tree felling business says the municipality gave permission while the parks department says no permission was given.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

“Mense is so wreed. Hulle dink nie aan die voëls wat hulle neste in daardie bome het nie, of aan die klein diertjies wat onder die denne hulle huise maak nie. Dis eenvoudig nie waar dat daardie bos dood was of dat dit nodig was om hom af te kap nie.

“My hart is bitter seer – nie net oor my ou fotoplekkie nie, maar oor die voëls en oor die bome. ’n Bitter spesiale plek is verwoes. As jy al soveel ure in daardie bos spandeer het soos ek, sou jy verstaan hoekom ek so huil.

“Maar as geld al is wat jou dryf, sal jy dit seker nooit regtig begryp nie.”

Karen is die eienaar van Karend Barnard Photography.

Sy beplan ook om ’n amptelike klag te lê.

Die plantasie langs Verdoornstraat is heeltemal afgesaag en die een langs die N11 net gedeeltelik, nadat ’n Dennesig inwoner, Sal Botha, raadslid Johan Dyason, daarvan in kennis gestel het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button