News

Perdesport is deel van geloftefeesvieringe

Uitkyk sit tradisie voort wat al jare kom.

Die Uitkyk Geloftefees het vanmiddag, 15 Desember, reeds afgeskop met perdesport en boeresport vanaf 17:00.

Vanaand is daar aandgodsdiens en die lees van Die Gelofte.

More 16 Desember ontmoet die perdekommnado die sprekers om 9:15.

Dit is ’n tradisie wat al jare voortgesit word.

Daar is ’n vlaghysing, openingsgebed, gewyde sang en sing van Die Stem.

Na die aflees van Die Gelofte en sterftelys lewer Rudie Rousseau die  feesrede.

Ds Nicolaas Steenekamp lei die geloftediens.

Daar is ook ’n Geloftediens om 8:00 more, 16 Desember,  in die Witkerk.

,

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button