News

Vrou wie se gesin haar alles was, sterf rustig in haar slaap

Ronel was altyd 'n bok vir sports.

Ronel Erasmus (70) die vrou wat ‘n besondere band met haar gesin gehad het, is Sondag in die vroeë oggendure in haar slaap oorlede.

“Sy is in haar slaap, rustig en vreedsaam oorlede,” het haar familie vanoggend gesê. Hulle vermoed sy het tussen 00:30 en 02:30 gesterf.

Ronel was voorheen van Groblersdal en het sy en wederhelf Wynand vanaf 1990 Middelburg hul tuiste gemaak. Middelburgers sal die vriendelike Ronel onthou waar sy vanaf 1991 verbonde was aan Plastic King en later Middelburg Petroleum.

Sy en Wynand, “was kampmal en baie lief vir die see.” Die egpaar was 49 jaar getroud en sou in Maart aanstaande jaar hul 50ste huweliksherdenking gevier het.

Haar gesin onthou haar as, “‘n ferm, maar sagte persoon. Sy was ‘n swart en wit mens, daar was geen grys areas nie. Sy was ook ‘n bok vir sports en baie lief vir haar man, kinders en kleinkinders.”

Buiten Wynand, word Ronel oorleef deur haar kinders Wj, Rolén en Rochel, skoonkinders René, Japie en Ruan, kleinkinders Wijon, Alé, Adriaan, Liané, Arlo en Zia, haar susters, Petro en Mari en broer Hennie.

Ronel en Wynand Erasmus (voor) saam met hul kinders, skoonkinders en kleinkinders (agter): René, Wj, Alé, Wijon, Baba Zia, Rochel, Ruan, Arlo (seuntjie), Japie, Rolén, Adriaan en Liané. Foto: Verskaf. (Die familie het drie weke voor haar dood die gesinsfoto’s saam geneem).

‘n Roudiens sal Maandag, 29 Desember, om 11:00 op die plaas Rondebosch gehou word. Daar sal nader aan die tyd vir almal wat dit wil bywoon aangedui word waar dit sal wees. Die diens sal ook aanlyn gevolg kan word. Die skakel sal later gedeel word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button