KYK: AfriForum gryp in om varkhok skoon te maak
Inwoners kom al meer in opstand teen agteruitgang van die dorp.
Huis, paleis, pandok, varkhok…
Die Lionspark is gister soos ’n varkhok agtergelaat.
Piekniekgangers het tydens die vakansiedag op die park toegesak en hope en hope rommel agtergelaat.
Die park is midde in die Kanonkop woongebied.
Die park word Saterdag gebruik om ’n kersboom en liggiefees te hou.
Vir inwoners het dit ’n nagmerrie geword en daar is ’n beroep gedoen dat die park omhein word.
Rdl. Johan Dyason het onderneem om weer borde aan te vra om rommelstrooi te verbied.
Die beste voorstel het egter van Arthur Hill van Dagpatrollie gekom, wat gesê het die park moet onder hulle beheer geplaas word.
Dagpatrollie sal dan toesien dat daar wet en orde is.
Middelburg inwoners het die afgelope tyd soos een man opgestaan teen die dorp se agteruitgang.
Hulle stem word al meer gehoor om die Steve Tshwete Munisipaliteit tot verantwoording te roep.
Intussen het AfriForum ingegryp en begin om die park skoon te maak.
Vragte rommel is verwyder en die gras is gesny.
Dit is prysenswaardig.
@middelburgobserver AfriForum spring in om Lionspark wat soos varkhok gelos is, skoon te maak. LionsPark, Middelburg, Kanonkop, MiddelburgObserver, AfriForum
