Middelburg se kindertjies moet Saterdag park toe – Kersvader wag
Lionspark is opgetooi om kersgees na die gemeenskap te bring.
Kom kindertjies, kersvader wag vir julle.
Verlede jaar het die ou witbaard deur die dorp se strate gery, maar ongelukkig ’n hele paar kinders misgekyk.
Nou het hy besluit om sy geskenkies Saterdag by die Lionspark in Kanonkop uit te deel. ’n Hele twee duisend lekkergoedpakkies wag om afgehaal te word. Dagpatrollie het verlede jaar met ou kersvader deur die strate gery en lekkers uitgedeel.
Kort-kort was daar ’n boodskap “julle het ons straat gemis”.

Nou het Arthur Hill van Dagpatrollie besluit om Saterdag vanaf 18:00 in die Lionspark lekkergoedpakkies uit te deel – gratis en verniet. Daar gaan ’n reuse beligte kersboom wees, stalletjies wat geskenke en kos verkoop en Lofdal-gemeente hou vanaf 19:00 kerssang.
Inwoners word uitgenooi om te gaan saam sing en deel te word van kersfees se kersgees.
Vir navrae kan Arthur Hill by 083 870 9693 geskakel word.
@middelburgobserver Middelburg se kindertjies moet Saterdag park toe – Kersvader wag Lees meer: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2025/12/17/middelburg-se-kindertjies-moet-saterdag-park-toe-kersvader-wag/ #MiddelburgObserver #Mpumalanga kersfees #Middelburg
