News

Oud Suidoos-Transvaal kaptein, Hendry van Tonder, se gedenkdiens Vrydag

Verskeie oud spelers by Cornerstone verwag om rugbykaptein te groet.

Dit is ’n harde werklikheid, maar die spelers wat in 1983 verantwoordelik was vir die grootste skok in Suid-Afrikaanse rugby, word al minder.

Die span wat die Westelike Provinsie se Bokbelaaide-span daardie dag met 24-19 geklop het, het al verskeie van sy spelers aan die dood afgestaan, waaronder die heelagter Harrry Muller, vleuel Kallie Grobler, skrumskakel Klasie la Grange en agsteman Jorrie Jordaan.
Die jongste is die nommer sewe flank, Hendry van Tonder.

Mens wonder of daar vandag besef word watter massiewe oorwinning daardie was.

Van Tonder is eergister oorlede nadat hy gewag het op ’n leweroorplanting.

Sy gedenkdiens is Vrydag 19 Desember, om 12:00, uit Cornerstone Kerk in Gholfsig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button