KYK: Boere vat hande om Andru te ondersteun
Boerewors en koue koeldrank was nie die verrassing.
Die Broodsnyersplaas Boerevereniging het hulle harte en hande oopgemaak vir Andru van Zyl (18).
Die oud-Affie hoofseun was vanoggend sprakeloos toe hy na 40 kilometer se trap in sy epiese tog van Polokwane na die Kaap, deur ’n groep boere ingewag is. Daar was lekker boerewors op die kole vir worsbroodjies en yskoue koeldrank.
Maar toe kom die groot verrassing.
Die Broodsnyersplaas Boerevereniging het R28 000 bygedra tot Andru se fondsinsameling vir die Childhood Cancer Foundation of Choc.
Andru het vanoggend vroeg uit Middelburg vertrek en is vergesel deur ’n groot groep fietsryers.
Hy slaap vanaand oor op Bethal.
@middelburgobserver Boere gee mildelik vir fietsryer Andru van Zyl wat van Polokwane na die Kaap trap. AndruVanZyl, CHOC, Cycling, MiddelburgCycling, MiddelburgObserver, AffiesSeuns
