News

Aandmark en liggies in Lionspark vanaand!

Middelburgers kan vanaand hul kleingoed bring na die Lionspark in Kanonkop om Kersvader te ontmoet.

Dit is tans ‘n gewerskaf van ‘n ander wêreld in Lionspark in Kankonkop waar die Dagpatrollielede besig is om alles in gereedheid te bring vir die mark en liggiefees vanaand.

Lourissa Hill en Lisa Brand het net so hard gewerk om te help om alles reg te kry vir die mark en liggiefees vanaand in Lionspark.
Andre du Preez span liggies tussen die pale op die basketbaan.

Arthur Hill (Dagpatrollie) sê daar is net ‘n paar stalletjies kosteloos byeen gekry om deel uit te maak vir die liggie-aand vir die kinders vanaand.

Boonop het hulle vir Kersvader genooi om saam te kom kuier! Ouers kan die kleingoed saam met Kersvader kom afneem. Hulle kan dalk sommer vir hom in sy oor fluister wat hulle vir Kersfees wil hê!

Die liggies word om 18:00 aangesit en almal is welkom om saam te kom kuier.

Cassie Coetzee besig om die ‘n liggietonnel vir oud en jonk te maak.
  • Almal wat opry in Kanonkop is verras met hoe netjies die park lyk. Arthur meld dat Dagpatrollie en AfriForum onlangs hande gevat het. Hulle het vir AfriForum gevra om die die park skoon te maak en is daar dadelik ingestem, waarna die gras gesny en die park netjies skoongemaak is.
  • Lionspark is die groot speelpark tussen Oribi- en Kanariestraat (indraai vanaf Lilian Ngoyistraat se kant).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button