News

Kyk weer na koerantberigte wat jy dalk in Januarie 2025 gemis het

Vir baie gesinne was Januarie 2025 ’n hartseer maand met geliefdes wat gesterf het.

Ons bring hulde: 

Hoërskool Middelburg se 2018 ‘Japie’-gelukbringer, Bulla le Roux (24) is vroeg in Januarie tydens ‘n fratsongeluk op die Avontuurpad oorlede.

Juandré (Bulla) en drie van sy vriende het met hul veldmotorfietse op die Avontuur grondpad gaan ry en die pad was baie sleg. In ’n blinde draai het ’n bakkie van die ander kant af gekom en het hulle mekaar te laat opgemerk, waarop die bakkie en motorfiets gebots. Bulla is opslag dood.

Bulla was Middies se skool mascot, ‘Japie’ en is vertel hoe hy “enige crowd lewendig kon kry en motiveer!”
Die ‘Japie’ maak altyd deel uit van Middies se geesvang en die hoofdirigent word elke jaar ‘Japie’ genoem. ‘Japie’ het ‘n onderbaadjie, hoed en stok en is verantwoordelik vir die gees op die pawiljoen.

Avontuurlustige Bulla sterf in fratsongeluk.
Willie Boucher is in Januarie 2025, na meer as ’n jaar in die hospitaal, oorlede.
Vir sy vrou, Beatrice, was dit baie swaar, want sy was daagliks langs sy bed.
Hy het vir meer as ’n jaar teen sepsis geveg na ’n rugoperasie.
Willie sterf na dapper stryd.

Sport

Januarie is ons skole se Interhuissportbyeenkomste en, soos altyd, het pragatletiek geseëvier.

Skolesport op sy beste!

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button