Blink toekoms wag op twee jong krieketspelers
Ashley en Chris-Mari tydens driehoekige reeks met kolf en bal in aksie.
Staan opsy Laura Wolvaardt hier kom Kimi en Ashley.
Onthou maar dié twee name.
Die jong Chris-Mari Bezuidenhout, of Kimi, en Ashley Barnard is vir die Suid-Afrikaanse o/19 krieketspan gekies.
Ja-nee jy kan seker nie die twee noual met die Suid-Afrikaanse kaptein vergelyk nie, maar daar wag beslis ’n blink toekoms op Chris-Mari en Ashley.
Wolvaardt ryg deesdae die honderdtalle soos ontbytpap in. Sy was veral teen Ierland onstuitbaar met die kolf.
Maar boulsyfers van 2/13 wat Chris-Mari, van HTS Middelburg, teen Easterns behaal het en as bonus boonop 14 lopies met die kolf, wys dat sy weet hoe om ’n krieketbal én die wilgerlat te hanteer.
Ashley, Hoërskool Middelburg, was ’n leerling by Laerskool Kragbron toe sy al vir die Suid-Afrikaanse binnenshuise o/21 krieketspan gekies is.
Die twee se talente gaan op die groter verhoog in ’n driehoekige reeks uitgestal word in Januarie tydens wedstryde teen Zimbabwe en die Krieket Suid-Afrika Jeug X1. Die kragmetings gaan in Durban by die Chatsworth Ovaal gespeel word.
Dit vorm alles deel van van die span se voorbereiding vir die Internasionale Krieketraad se vroue o/19 wêreld ampioenskappe in 2027.
Die twee het albei groot lof vir hulle afrigter, Tshepo Mokwena, wat hulle ook die afgelope week gebrei het tydens die o/19 provinsiale toernooi in Potchefstroom.Tshepo ri g hulle al vanaf 2021 af en het ’n reuse impak op en van die veld af op die twee spelers.
En natuurlik is daar agter elke jong presterende sportmeisie ’n gesin wat bankvas agter hulle staan, wat ook in Ashley en Chris-Mari die geval is.
‘
