News

KYK: ‘n Lig wat ‘anders’ skyn

Die liggies op hul kleuter se driewiel en op hul baba se stootwaentjie het almal se aandag getrek by die Middelburg Care Village se liggiefees.

Minette Bouwer en Ansu Morgan het hierdie jaar besluit dat hulle dinge ‘anders’ wil doen tydens hul besoek aan die Middelburg Care Village se liggiefees.

“Die liggies op Mianike Luvé Retief (3) se driewiel en Joné Morgan (drie maande oud) se stootwaentjie het oral aandag getrek. Daar het soveel mense gevra dat ons moes stop vir foto’s. Dit was baie oulik, maar tog ook so ‘n mooi boodskap wat ons graag daar buite sal wil kry,” sê hulle.

Joné Morgan se liggie stootwaentjie het oral aandag getrek. Foto: Verskaf.

“Tussen al die liggies, lag en pret, was daar ’n dieper boodskap. Soos Mianike en Joné se liggies helder geskyn het en mense laat stilstaan het om iets anders raak te sien, só word ons ook geroep om Jesus se lig te laat skyn waar ons gaan. Om nooit op te hou glo in ons eie lig nie, maar om dit te gebruik sodat ander deur ons Jesus kan raaksien. Mag ons hierdie Kersfees onthou waaroor dit regtig gaan, nie net die liggies wat ons sien nie, maar die Lig wat in ons leef.”

Die liggie-driewiel van naderby gesien. Foto: Verskaf.
@middelburgobserver

‘n Kleuter se driewiel met liggies en haar babasussie se liggie-stootwaentjie het die aandag getrek by Middelburg Care Village se liggiefees. MiddelburgCareVillage, LightsFestival, MiddelburgObserver

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button