News

KYK: ‘Stille Nag’, kersliggies en mark by Lionspark

Nie eers 'n vinnige bui reën kon Middelburgers se geesdrif demp tydens die liggiefees by die Lionspark nie!

Oud en jonk het gisteraand saamgekuier tydens die Dagpatrollie se kersmark- en liggiefees in die Lionspark in Kanonkop.

Lourens de Jager en sy hond Buddy het ook met Kersvader Cor NIenaber gaan kuier. Foto: Daleen Naude.

Arthur Hill het vanoggend genoem dat hulle bykans 600 lekkergoedpakkies vir die kinders uitgedeel het tydens hierdie gemeenskapsprojek van die Dagpatrollie.

“Dit is ons manier om terug te gee aan die gemeenskap,” het Arthur gemeld.

Die span het gisteroggend al vroeg-vroeg bymekaar gekom om hordes stringe liggies in die die speelpark op te rig. “As jy al die liggies bymekaar gaan sit, sal dit maklik ‘n kilomter lank wees,” lag hy.

Hulle was so bietjie bekommerd toe dit hard begin reën het net voor die liggiefees moes begin, maar nadat dit opgehou reën het, het die mense letterlik in hordes opgedaag.

Veral die kleingoed kon nie wag om Kersvader te ontmoet nie en het die kinders op ‘n stadium in ‘n ry gestaan net om op sy skoot te gaan sit en ‘n pakkie lekkers te kry. ‘n Paar van hulle het ook in sy oor gefluister wat hy vir hulle moet saambring vanaf die Noordpool vir Kersfees.

Chante du Preez (6) en Danyon Harmse (15) neem ‘n foto saam met Kersvader. Foto: Daleen Naude.
Jean van Emmenis (3) en Kersvader. Foto: Daleen Naude.
Mariné Roos saam met Kersvader. Foto: Daleen Naude.
Debbie Marais by die reuse kersboom. Foto: Daleen Naude.
JG van Eeden staan by De Wet Beukes se motorfiets wat ook in liggies getooi was. Foto: Daleen Naude.
Die kinders wat saam ‘Stille Nag’ gesing het. Foto: Daleen Naude.
Die mens-kersboom, Lianie Oosthuizen, stap tussen die feesgangers rond. Foto: Daleen Naude.
Kersvader met klein Milané Williams in die arms. Foto: Daleen Naude.

 

Arthur noem dat hulle wil hande vat met die sakelui van MIddelburg om volgende jaar ‘n nog groter liggiefees en kersmark aan te bied.

Hy bedank elke persoon wat gehelp het om die liggies op te sit en die gemeenskap sonder wie die aand nie so ‘n sukses sou gewees het nie. “Al die stalletjies het uitverkoop!”

@middelburgobserver

Honderde mense het saamgekuier en saam met die kinders ‘Stille Nag..” gesing tydens die Dagpatrollie se liggiefees en kersmark in Lionspark, Kanonkop op 20 Desember.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button