News

Vrou land op straat na sy werk verloor, tans gehelp met blyplek

'n Jong vrou was vir 'n paar dae op straat nadat sy haar werk verloor het, maar is dankbaar dat sy tans gehelp word met blyplek.

Mariska Boshoff (30) het weer ‘n slaapplekkie nadat sy vir ‘n paar weke in die nagte op straat ‘n warm plekkie moes soek.

Sy kan nie genoeg dankie sê vir Steve Hart (‘n inwoner van Kanonkop) nie, want hy het vir haar tydelike blyplek gegee en help haar om weer werk te soek.

Volgens Mariska was haar pa in die polisie in Limpopo en het haar hele lewe verander toe hy in die Covidtyd oorlede is.

Sy het gewerk, maar weens onvoorsiene omstandighede onlangs haar werk verloor.

Op die vraag of sy dwelms gebruik, het sy ‘nee’ gesê. Sy het ook die joernalis gewys hoe netjies haar kamer is waar Steve haar tydelik huisves.

Mariska noem dat sy ‘n onderskeiding behaal het in matriek en ook ‘n kode 10 lisensie het, “maar werk is skaars.”

Vir nou is sy net dankbaar dat sy ‘n dak oor haar kop het terwyl sy vir werk soek.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button