CrimeNews

Kanonkop-inwoners keelvol vir kriminele

Nog ’n watermeter is gisteraand in Kanonkop gesteel, hierdie keer in Proteastraat. In ’n afsonderlike voorval is ’n elektriese heining in Kareestraat geknip, met verdagtes wat glo in die erf was – ’n verdere teken dat misdaad in dié buurt toeneem.

Inwoners van Kanonkop raak toenemend moedeloos ná nog ’n voorval van infrastruktuurdiefstal en huisbraakverwante misdaad.

In Proteastraat is ’n watermeter gisteraand gesteel, wat veroorsaak het dat water onbeheer uit die pyp gestroom het voordat dit opgemerk kon word. Die diefstal het nie net skade aan die erf aangerig nie, maar ook tot ernstige watervermorsing gelei – iets wat inwoners as onaanvaarbaar beskryf, veral te midde van voortdurende wateruitdagings.

Watermeter, boewe, diewe, kanonkop, middelburg
Die watermeter-boewe het gister weer in Kanonkop toegeslaan. Foto: Verskaf.

In ’n afsonderlike voorval in Kareestraat is ’n elektriese heining geknip. Volgens inligting was daar verdagte persone laasnag in die erf, wat groot kommer oor inwoners se veiligheid laat ontstaan het.

Gemeenskapslede sê hierdie tipe voorvalle gebeur gereeld en eis op sigbare polisiëring, beter straatbeligting en samewerking tussen bure.

Inwoners word aangemoedig om enige verdagte aktiwiteite onmiddellik aan die SAPD of hul plaaslike buurtwag te rapporteer.

Wenke aan inwoners:
* Gaan watermeters gereeld na, veral soggens vroeg.
* ⁠Meld enige waterlekkasies dadelik aan die munisipaliteit.
* ⁠Oorweeg ’n beskermende hok of slot oor watermeters.
* ⁠Maak seker heinings, alarms en buiteligte is in werkende toestand.
* ⁠Deel inligting vinnig op betroubare buurtgroepe.

Vir Kanonkop-inwoners is dit eens: kom wat wil, hierdie kriminele móét gekeer word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button