Andru is veilig in die Vrystaat na lang trap deur Mpumalanga
Nou wag die eensame pad sonder pa en seun Du Plessis.
Die fietsryer en oud Affies hoofseun wat Suid-Afrikaners se harte gesteel het met sy traptog vanaf Polokwane na die Kaap, Andru van Zyl (18), het veilig in Clarence aangekom.

Nadat hy Donderdagaand op Middelburg oornag het, het hy vroeg Vrydagoggend na Bethal getrap, toe Standerton, Vrede, Harrismith en uiteindelik Clarence in die Vrystaat.
Dit is ook hier waar sy paaie gaan skei met Steyn du Plessis en sy elfjarige seun Joshua wat al die pad saam getrap het.
Op 25 Desember vat hy weer die pad na Fouriesburg en daarna is dit Ficksburg, Ladybrand, Maseru, Wepener, Smithfield, Bethulie… totdat hy op 22 Januarie 2026 beplan om by Seepunt te eindig.
@middelburgobserver KYK: Andru is veilig in die Vrystaat na lang trap deur Mpumalanga Nou wag die eensame pad sonder pa en seun Du Plessis. Lees meer: #MiddelburgObserver #Mpumalanga #Middelburg #CyclingSA
